Isaiah 36:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die rábsake sê vir hulle: Sê tog vir Hiskía: So sê die groot koning, die koning van Assirië: Watter vertroue is dit waarop jy vertrou?
Afrikaans (NLV) 2011 Die Assiriese koning se verteenwoordiger het hierdie boodskap vir koning Hiskia gestuur: “So sê die groot koning, Assirië se koning: Waarop vertrou julle dat julle so vol selfvertroue is?
Afrikaans 1933/1953 En die r bsake sê vir hulle: Sê tog aan Hisk¡a: So spreek die groot koning, die koning van Assirië: Wat is dit vir 'n vertroue wat jy koester?
Afrikaans 1983 Toe sê hy vir hulle: “Sê vir Hiskia: So sê die groot koning, die koning van Assirië: Waarop berus hierdie vertroue van jou?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die rabsakee sê toe vir hulle: “Sê tog vir Hiskia, ‘So sê die opperkoning, die koning van Assirië: “Wat is hierdie bron van vertroue waarop jy staatmaak?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die offisier het vir hulle gesê: “Julle moet vir koning Hiskia sê ons bring 'n boodskap van die groot koning, die koning van Assirië. Die koning vra vir Hiskia: Hiskia, dink jy iemand kan jou help?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sanherib se assistent wou by hulle weet waarom koning Hiskia so selfversekerd was.