Isaiah 36:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Eljakim, die seun van Hilkía, wat oor die huis was, na hom uitgegaan, en Sebna, die skrywer, en Joag, die seun van Asaf, die kanselier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier is ’n lys van amptenare wat uitgegaan het om die verteenwoordiger te ontmoet: Eljakim seun van Gilkija was administrateur van die paleis, Sebna was die sekretaris van die hof en Joag seun van Asaf was die koning se historikus. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan Âljakim, die seun van Hilk¡a, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, na hom toe uit. |
| Afrikaans 1983 | Die paleisbestuurder Eljakim seun van Gilkija, die staatsekretaris Sebna en die hoof uitvoerende beampte Joag seun van Asaf het toe na die hoofadjudant van Assirië toe gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Eljakim, seun van Gilkija en hoof van die hofhouding, het uitgegaan na hom toe, asook Sebna, die sekretaris, en die herout Joag, seun van Asaf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eljakim seun van Gilkija, en Sebna en Joag, seun van Asaf, het na die hoof-offisier toe gegaan. Hulle was die drie belangrikste amptenare van koning Hiskia. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Drie van Hiskia se staatsamptenare is toe af na Sanherib se persoonlike assistent toe om met hom te gaan onderhandel. Hulle was die paleisbestuurder, Eljakim (sy pa was Gilkija), die staatsekretaris, Sebna, en die hoof uitvoerende beampte van die paleis, Joag (sy pa was Asaf). |