Isaiah 36:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het stilgebly en hom geen woord geantwoord nie, want die koning se bevel was: Antwoord hom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die manne het stilgebly en niks geantwoord nie. Want die koning het die opdrag gegee: “Moet hulle nie antwoord nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.
Afrikaans 1983 Die manskappe het stilgebly en nie geantwoord nie, want die koning het hulle beveel om nie te antwoord nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het egter stilgebly en hom nie met 'n enkele woord geantwoord nie, want die bevel van die koning was: “Julle moet hom nie antwoord nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eljakim en die ander twee manne het stilgebly, hulle het nie die hoof-offisier geantwoord nie, want koning Hiskia het gesê hulle moenie die hoof-offisier antwoord nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die soldate op die mure het doodstil gebly, want koning Hiskia het hulle beveel om nie ’n woord te sê nie.