Isaiah 36:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie is hulle onder al die gode van hierdie lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Watter god van enige nasie was al ooit in staat om sy volk te red uit die mag van die koning van Assirië? Noem net een! Wat laat julle dan dink dat die Here Jerusalem sal kan red!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land gered het uit my hand, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red? |
| Afrikaans 1983 | Wie van al die gode van die ander lande kon sy land red uit my mag? Dan sal die Here mos nie Jerusalem kan red uit my mag nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie was daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die Here dan Jerusalem uit my hand sal red?’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie van al die gode van daardie lande kon sy land beskerm teen my? Nie een nie, en die Here kan Jerusalem ook nie beskerm teen my nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was nog nie een god wat sy land en sy mense teen my kon verdedig nie, nie een nie! Wat gee julle die idee dat die Here Jerusalem kan red?” |