Isaiah 36:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning van Assirië het die rábsake van Lagis na Jerusalem na koning Hiskia gestuur met 'n groot leër. En hy het gestaan by die kanaal van die boonste dam, op die grootpad van die veld van die voller.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die koning van Assirië sy persoonlike verteenwoordiger met ’n groot leër uit Lakis gestuur om koning Hiskia in Jerusalem te konfronteer. Die Assiriërs was langs die kanaal wat water na die boonste dam lei, naby die pad waar klere gebleik is.
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur die koning van Assirië die r bsake uit Lagis na Jerusalem, na koning Hisk¡a met 'n swaar leër; en hy het gaan staan by die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld.
Afrikaans 1983 Daarna het die koning van Assirië sy hoofadjudant met 'n groot leër uit Lakis na koning Hiskia toe in Jerusalem gestuur. Hulle het posisie ingeneem langs die kanaal van die boonste dam, langs die pad na die Bleikveld toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Assirië stuur toe die rabsakee vanaf Lagis na Jerusalem met 'n groot leërmag na koning Hiskia. Hy het stelling ingeneem by die watervoor van die boonste dam, wat aan die pad na die Bleikveld geleë is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Assirië het 'n hoof-offisier gestuur van die stad Lakis na Jerusalem. Saam met die hoof-offisier was daar baie soldate. Die hoof-offisier het gaan staan by die watersloot uit die boonste dam. Dit was langs die pad na die plek waar die mense altyd die wol gewas het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe sy persoonlike assistent met ’n groot leër van Lakis af na Jerusalem toe gestuur met die bedoeling om koning Hiskia te dwing om oor te gee. Die Assiriërs het stelling ingeneem by die waterkanaal wat die water van die boonste dam af na die stad toe gelei het. Dit was langs die pad by die stuk grond waar die mense gewerk het wat die materiaal vir die klere gekleur het.