Isaiah 36:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pasop dat Hiskia julle nie oorreed deur te sê: Die HERE sal ons red nie. Het een van die gode van die nasies sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie dat Hiskia julle om die bos lei deur vir julle te sê: ‘Die Here sal ons red!’ nie. Het die gode van enige ander nasie al ooit hulle mense kon red van die koning van Assirië?
Afrikaans 1933/1953 Laat Hisk¡a julle nie verlei nie deur te sê: Die HERE sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?
Afrikaans 1983 Moenie dat Hiskia julle mislei nie! Hy sê: ‘Die Here sal ons red.’ Kon die gode van die ander nasies hulle lande red uit die mag van die koning van Assirië?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie dat Hiskia julle mislei deur te sê: “Die Here sal ons red!” nie. Het enige van die gode van die nasies ooit sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet oppas dat Hiskia julle nie bedrieg nie. Hy sê die Here sal julle red, maar ek vra vir julle: Kon die gode van die ander volke hulle lande beskerm teen die koning van Assirië? Nee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie dat Hiskia julle mislei om te dink dat die Here julle sal red nie. Dink net vir ’n oomblik mooi daaroor: Kon enige van die ander volke se gode hulle al ooit uit die Assiriese koning se mag red?