Isaiah 36:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister nie na Hiskia nie, want so sê die koning van Assirië: Maak 'n ooreenkoms met my deur 'n geskenk en gaan uit na my toe; en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die waters van sy eie put; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie na Hiskia luister nie! Hier is die voorwaardes wat die koning van Assirië bied: Maak vrede met my. Maak die hekke oop en kom uit. Dan sal ek toelaat dat elkeen van julle van sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom eet en uit sy eie put water drink, |
| Afrikaans 1933/1953 | Luister nie na Hisk¡a nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put, |
| Afrikaans 1983 | Moenie na Hiskia luister nie, want so sê die koning van Assirië: ‘Maak vrede met my en kom uit na my toe, dan sal elkeen die vrugte van sy eie wingerdstok en van sy eie vyeboom eet en uit sy eie put water drink |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet nie na Hiskia luister nie, want so sê die koning van Assirië, ‘As julle met my 'n ooreenkoms aangaan en uitkom na my toe, sal elkeen van sy wingerdstok en sy vyeboom eet, en elkeen water uit sy eie opgaarput drink, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie na hom luister nie, want die koning van Assirië sê: ‘Julle moet vrede maak met my en julle moet na my toe kom. Dan kan julle elkeen eers op sy eie grond bly en elkeen kan sy eie druiwe en vye eet en water drink uit sy eie put. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie na Hiskia luister nie! Aanvaar eerder hierdie voorwaardes van die koning van Assirië: Kom uit en gee julle vrywillig oor. As julle dit doen, sal ek julle toelaat om in vrede te bly lewe. Julle sal toegelaat word om op julle eie grond aan te bly en julle eie vrugte te bly eet en water uit julle eie putte te drink. |