Isaiah 36:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat Hiskia julle ook nie op die HERE laat vertrou deur te sê: Die HERE sal ons gewis verlos; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie dat Hiskia julle mislei om op die Here te vertrou nie. Hiskia sê: ‘Die Here sal ons red! Hierdie stad sal nooit in die hande van die koning van Assirië beland nie.’
Afrikaans 1933/1953 En Hisk¡a moet julle nie op die HERE laat vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.
Afrikaans 1983 “En moenie dat Hiskia julle op die Here laat vertrou nie. Hiskia sê: ‘Die Here sal ons sekerlik red; dié stad sal nie oorgegee word in die mag van die koning van Assirië nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie dat Hiskia julle op die Here laat vertrou deur te sê: “Die Here sal ons beslis red, en hierdie stad sal nie oorgegee word in die hand van die koning van Assirië nie.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia sê julle moet glo dat die Here julle sal red, hy sê die koning van Assirië sal nie hierdie stad oorwin nie, dit is seker. Maar julle moenie vir Hiskia glo nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy probeer julle laat glo dat julle op die Here kan vertrou en dat die Here julle sal verlos. Hy lieg as hy julle probeer wysmaak dat Jerusalem nooit in die koning van Assirië se mag sal kom nie.