Isaiah 36:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het die rábsake gaan staan en met 'n groot stem in die Joodse taal uitgeroep en gesê: Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Assirië.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het hy regop gaan staan en in Hebreeus geskreeu sodat die manne op die muur dit duidelik kon hoor: “Luister na hierdie boodskap van die groot koning, Assirië se koning!
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan die r bsake staan en roep hardop in die Joodse taal en sê: Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Assirië!
Afrikaans 1983 Toe gaan staan die hoofadjudant en skree hard in Judees: “Luister wat sê die groot koning, die koning van Assirië!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe gaan staan die rabsakee en roep met 'n harde stem in Judees uit en sê: “Luister na die woorde van die opperkoning, die koning van Assirië!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe gaan staan die hoof-offisier by die muur. Hy het Judees gepraat en hard gesê: “Julle moet hoor wat sê die groot koning, die koning van Assirië.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe opgestaan en kliphard in Hebreeus vir die mense op die muur geskreeu: “Luister wat sê die groot koning van Assirië!