Isaiah 36:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die rábsake sê: Het my heer my na u heer en na u gestuur om hierdie woorde te spreek? Het hy my nie gestuur na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie mis kan eet en hul eie pis saam met jou kan drink nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Sanherib se verteenwoordiger het geantwoord: “My meester wil hê elkeen in Jerusalem moet dit hoor, nie net julle nie. Hy wil hê hulle moet weet dat as julle nie oorgee nie, ons hierdie stad sal beleër. Die mense sal so honger en dors word dat hulle hulle eie ontlasting sal eet en hulle eie urine sal moet drink!”
Afrikaans 1933/1953 Maar die r bsake het gesê: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie?
Afrikaans 1983 Maar die hoofadjudant antwoord: “Dink julle my koning het my net na julle koning en na julle toe gestuur om dié dinge te sê, en nie ook na die manne wat op die muur sit nie? Hulle sal hulle eie ontlasting moet eet en hulle eie urine moet drink, net soos julle!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die rabsakee het gesê: “Is dit net na jou heer en na jou wat my heer my gestuur het om hierdie dinge te sê? Is dit nie ook na die manne wat op die stadsmuur sit nie, wat saam met julle hulle ontlasting sal eet en hulle urine sal drink?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier het gesê: “My koning het my nie gestuur om hierdie boodskap net vir julle koning en vir julle te bring nie. Ek moet die boodskap ook bring vir hierdie mense wat op die muur sit. Hulle sal hulle eie mis moet eet en hulle eie urine moet drink, en julle sal dit ook moet doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hy was reg met ’n antwoord vir hulle: “Dink julle die koning het my net na Hiskia en na julle paar toe gestuur met sy waarskuwing? O nee, die mense wat daar op die stadsmuur is, moet dit ook hoor, want hulle gaan die lydende party wees. Dit is hulle wat, as die hongersnood kom, hulle eie ontlasting sal moet eet en hulle eie urine sal moet drink om aan die lewe te probeer bly!”