Isaiah 36:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Eljakim en Sebna en Joag vir die rábsake: Spreek tog met u dienaars in Aram; want ons verstaan dit, en spreek nie met ons in die Joodse taal, voor die ore van die volk wat op die muur is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop het Eljakim, Sebna en Joag vir die koning se verteenwoordiger gevra: “Praat asseblief tog met ons in Aramees. Ons verstaan dit goed. Moet asseblief nie in Hebreeus met ons praat nie, want die mense op die muur sal dit kan verstaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Âljakim en Sebna en Joa vir die r bsake: Praat tog met u dienaars Aramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Joods praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Eljakim, Sebna en Joag vir die hoofadjudant: “Praat tog asseblief Aramees met ons, ons verstaan dit, maar moenie Judees met ons praat dat die manskappe op die muur dit kan verstaan nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Eljakim, Sebna en Joag sê toe vir die rabsakee: “Praat asseblief •Aramees met u dienaars, want ons verstaan dit. Moenie met ons Judees praat ten aanhore van die manskappe wat op die stadsmuur is nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eljakim en Sebna en Joag het vir die hoof-offisier gesê: “Jy moet asseblief Aramees praat met ons, dit is 'n taal wat ons verstaan. Jy moenie met ons Judees praat nie, want ons wil nie hê dat die mense op die muur moet verstaan wat jy sê nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Eljakim, Sebna en Joag vir die koning se verteenwoordiger: “Praat asseblief eerder Aramees met ons, ons kan dit goed verstaan. Moenie Hebreeus praat nie, want die wagte daar op die stadsmuur kan elke woord wat jy sê, hoor en verstaan.” |