Isaiah 36:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En het ek nou sonder die HERE opgetrek teen hierdie land om dit te verwoes? die HERE het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en vernietig dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat meer is, dink jy ek het jou land binnegeval en beset sonder dat die Here my beveel het? Die Here self het vir my gesê: ‘Gaan en vernietig daardie land.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Het ek dan nou sonder die HERE teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? Die HERE het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit. |
| Afrikaans 1983 | “Buitendien, ek het nie sonder die Here opgetrek teen hierdie land om dit te verwoes nie; die Here het vir my gesê: Trek op teen daardie land en verwoes dit.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, het ek sonder die Here se medewete teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? Dit is die Here wat vir my gesê het: “Trek op teen hierdie land en verwoes dit!” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet ook weet dit is nie ék wat besluit het om hierdie land te verwoes nie. Dit is die Here wat vir my gesê het: ‘Jy moet daardie land gaan verwoes.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat meer is, dink jy ek het sommer uit my eie besluit om hierdie land van jou aan te val sonder om die Here te raadpleeg? Trouens, dit is juis die Here wat my die opdrag gegee het om hierdie land aan te val en dit te vernietig.” |