Isaiah 36:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die veertiende jaar van koning Hiskía het Sanherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die verdedigende stede van Juda en dit ingeneem.
Afrikaans (NLV) 2011 In die veertiende jaar van koning Hiskia se regering het koning Sanherib van Assirië al die versterkte stede van Juda aangeval en dit verower.
Afrikaans 1933/1953 En in die veertiende jaar van koning Hisk¡a het S nherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.
Afrikaans 1983 In die veertiende regeringsjaar van koning Hiskia het koning Sanherib van Assirië al die vestingstede in Juda aangeval en verower.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die veertiende regeringsjaar van koning Hiskia, het Sanherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en hulle verower.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Sanherib van Assirië het al die sterk stede in die land Juda aangeval en hy het hulle oorwin. Dit was in die veertiende jaar nadat Hiskia koning geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die veertiende jaar van koning Hiskia se regering het koning Sanherib van Assirië al die versterkte stede van Juda aangeval en hulle ingeneem.