Isaiah 35:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geen leeu sal daar wees nie, en geen roofdier mag daarop optrek nie, dit sal nie daar gevind word nie; maar die verlostes sal daar wandel;
Afrikaans (NLV) 2011 Langs die pad sal leeus nie skuil nie. Daar sal geen roofdiere wees nie. Net mense vir wie God gered het, sal op die pad loop.
Afrikaans 1933/1953 Dr sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;
Afrikaans 1983 Daar sal nie leeus op die pad wees nie, daar sal nie roofdiere op loop nie, hulle sal glad nie daar kom nie. Net die mense wat deur die Here gered is, sal die pad gebruik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar sal geen leeus wees nie, en roofdiere sal nie daar kom nie; hulle sal nie daar aangetref word nie. Dié wat losgekoop is, sal daarlangs gaan;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Leeus en ander wilde diere sal nie op die pad loop nie. Die Here het mense gered, en net hulle sal daar loop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal nie gevare op die pad wees nie, want die Here het dit spesiaal vir sy kinders gebou sodat hulle veilig en maklik by Hom kan uitkom.