Isaiah 35:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar sal 'n grootpad wees en 'n weg, en dit sal genoem word Die weg van heiligheid; die onreine mag nie daaroor trek nie; maar dit sal vir hulle wees: die wandelaars, al is hulle dwase, sal daarin nie dwaal nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Deur die woestyn sal nou ’n grootpad loop. Die pad sal genoem word: die Heilige Weg. Mense wie se harte boos is, sal nie daarop reis nie. Dit sal net oop wees vir mense wat op God se pad loop. Dwase sal nie daar kom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dr sal 'n grootpad wees en 'n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir hulle sal dit wees; wie die weg bewandel -- selfs die dwase sal nie dwaal nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal 'n grootpad deur die woestyn loop en dit sal bekend staan as die gewyde pad. Onrein mense sal nie daarop loop nie, dit sal net wees vir mense wat reg lewe; dwase sal nie meer op die pad kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar sal 'n gebaande weg, 'n pad wees; Die heilige pad sal dit genoem word. Onreines sal nie daarop verbygaan nie; maar dit sal vir dié wees wat op die pad hou. Sotte sal nie daar ronddwaal nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal 'n pad wees, en die mense sal die pad noem “ Gewyde Pad.” Onrein mense en dwase sal nie op hierdie pad loop nie, net mense wat reg lewe, sal daar loop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal ’n grootpad deur die gebied loop wat voorheen ’n woestyn was. Hierdie pad is bedoel vir mense wat ’n verhouding met die Here het en wat reg lewe. Mense wat God nie ernstig opneem nie, sal nooit die reg hê om hierdie pad te gebruik nie. |