Isaiah 35:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dor grond sal 'n poel word, en die dorsland fonteine van water; in die woonplek van die drake waar elkeen gelê het, sal gras wees met riete en biesies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die droë grond sal ’n poel water word, die dorstige land borrelende fonteine. Waar daar eers net blyplek was vir woestynjakkalse, sal daar nou gras, riet en bossies groei. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die gloeiende grond sal 'n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies. |
| Afrikaans 1983 | Die verskroeide aarde sal 'n moeras word, dorsland waterryke wêreld. Waar daar nou net vir jakkalse lêplekke is, sal gras en riet en biesies groei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die uitgedorde grond sal 'n vleiland word, 'n dorsland vol waterbronne. Op die lêplek van jakkalse, waar hulle gaan lê het, sal daar gras met kalmoesriet en papirus wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Grond wat droog geword het in die son, sal vol water wees. Daar sal fonteine wees waar daar niks water was nie. Daar sal gras, riete en biesies groei waar daar net jakkalse was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die droë modderpanne wat so deur die son gebak is dat alles verskroei en uitgedroog was, sal in waterryke mere verander. Oral sal fonteine uit die grond uit opborrel waarby mense sou kon rus en water drink. Waar daar voorheen net sand en klippe was waar die jakkalse hulle gate kon grawe en waar geen ander mens of dier gekom het nie, gaan die hele omgewing verander. Daar sal soveel water wees dat daar watergras, riete en biesies sal groei. |