Isaiah 35:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal die kreupele spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sing, want in die woestyn sal waters uitbreek en strome in die woestyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Lam mense sal rondspring soos bokke, en mense wat nie kon praat nie, sal van vreugde sing! Fonteine sal in die wildernis ontspring en strome water sal die woestyn natlei.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.
Afrikaans 1983 lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing. Strome water sal uit die woestyn uit bars; daar sal riviere loop in die droë wêreld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal 'n verlamde spring soos 'n wildsbok, en die tong van 'n stomme sal jubel; want in die woestyn sal water uitbars, strome water in die Araba.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal lam mense soos 'n takbok spring, en stom mense sal sing, want in die woestyn sal daar fonteine wees, en riviere wat vol water is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die verlamde mense wat weer kan loop, sal rondhuppel en spring soos wildsbokke. Mense wat voorheen stom was, sal sing van blydskap. Die woestyn sal ’n paradys word met volop fonteine en riviere.