Isaiah 35:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê vir die wat bang is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie; kyk, julle God kom met wraak, God met 'n vergelding; hy sal kom en jou red.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir dié wat bang is: “Wees sterk en moenie bang wees nie. Want julle God kom om wraak te neem, om julle vyande te straf en om julle te red!”
Afrikaans 1933/1953 Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.
Afrikaans 1983 sê vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier, Hy kom om wraak te neem, om julle vyande te straf; God kom julle red!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sê vir dié wat angstig is: “Hou moed, moenie bang wees nie! Kyk, hier is julle God; die wraak kom, die vergelding deur julle God. Hy is die Een wat sal kom en julle verlos.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sê vir die mense wat moedeloos is: “Julle moet sterk wees, julle moenie bang wees nie. Kyk, julle God sal kom, Hy kom om die vyande te straf omdat hulle slegte dinge aan julle gedoen het. Julle God kom en Hy sal julle red.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan sê vir dié wat bang is hulle moet op die Here vertrou en hulle nie oor alles bekommer nie. Die Here is op pad om hulle vyande die les van hulle lewe te leer, en wanneer Hy daarmee klaar is, sal Hy sy mense se omstandighede verander.