Isaiah 35:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit sal oorvloedig blom en juig, ja, met vreugde en gejubel: aan hom sal die heerlikheid van die Líbanon gegee word, die heerlikheid van Karmel en Saron; hulle sal die heerlikheid van die HERE en die heerlikheid van onse God sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, daar sal ’n oorvloed wees van blomme, en ’n gejuig en gesing! Die woestyne sal groen word soos die Libanonberge, so mooi soos die weivelde van Karmelberg en die vlaktes van Saron. Daar sal die Here sy heerlikheid ten toon stel, en die grootsheid van ons God.
Afrikaans 1933/1953 dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die L¡banon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dr sal sien die heerlikheid van die HERE, die sieraad van onse God.
Afrikaans 1983 hy sal in volle bloei staan, hy sal juig en sing, hy sal die prag van die Libanon hê, die skoonheid van Karmel en Saron. Israel sal die mag van die Here sien, die koninklike mag van ons God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat dit welig blom en juig, ja, met 'n gejuig en 'n gejubel. Die heerlikheid van die Libanon word daaraan gegee, die glansrykheid van Karmel en Saron. Hulle sal die heerlikheid van die Here, die glansrykheid van ons God, sien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal oral blomme wees, die woestyn sal juig, meer nog, hy sal sing. Die woestyn sal so mooi wees soos die Libanon-berg of soos die Karmel-berg en die Saron-vlakte. Almal sal sien dat die Here die Koning is, hulle sal sien dat ons God kom, hulle sal die lig rondom Hom sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal oortrek wees met die mooiste blomme. Die woestyn sal vol groot, groen bome wees soos dié wat op die Libanonberge groei. Daar sal wingerde groei wat enige tyd net sulke goeie druiwe sal dra soos dié van die Karmelberg-omgewing met landerye wat selfs vrugbaarder is as dié van die Saronvlakte. Dit sal die Here se manier wees om sy invloed in hierdie wêreld te wys sodat almal kan weet wie Hy is.