Isaiah 35:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die losgekooptes van die HERE sal terugkeer en na Sion kom met gesange en ewige vreugde op hulle hoofde; blydskap en blydskap sal hulle verkry, en droefheid en gesug sal wegvlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié wat die Here vrygekoop het, sal terugkeer na Jerusalem. Hulle sal sing van blydskap, hulle sal vol vreugde wees, en ellende en smart sal verdwyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg. |
| Afrikaans 1983 | Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees; ellende en smart sal verdwyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dié wat deur die Here vrygekoop is, sal terugkeer, hulle sal in Sion aankom met jubelkrete – met ewige vreugde sal hulle gekroon wees. Blydskap en vreugde sal hulle oorweldig, en verdriet en 'n gesug sal wegvlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het sy mense vrygemaak, en hulle sal sing wanneer hulle in Sion kom. Hulle sal vrolik en bly wees, hulle sal nie swaarkry en huil nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie kinders van wie daar gepraat word, is die mense wat deur die Here vrygekoop is van hulle ou slawelewe. Hulle sal vrolik en opgeruimd met hierdie pad na Jerusalem toe terugkom. Hulle hartseer en swaarkry sal iets van die verlede wees. |