Isaiah 34:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die eenhorings sal saam met hulle afkom, en die bulle saam met die bulle; en hulle land sal deurdrenk word van bloed, en hulle stof sal vet word van vet.
Afrikaans (NLV) 2011 Die sterkstes en die oues en die jonges sal doodgaan. Die land is deurdrenk van bloed. Die grond is deurtrek van vet.
Afrikaans 1933/1953 Dan val die buffels saam met hulle, en die jong stiere saam met die stiere; en hulle land word dronk van bloed, en hulle stof versadig van vet.
Afrikaans 1983 Die buffels val saam met die mense, die bulkalwers saam met die bulle. Hulle land is deurdrenk van die bloed, die grond is deurweek van die vet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Buffels sak neer saam met hulle, bulle saam met die sterkes. Hulle grond sal hom vol drink aan bloed, hulle stof sal versadig wees van vet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers van Edom is sterk soos buffels en bulle, maar hulle bloed en hulle vet sal op die grond val en dit sal hulle land natmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense sal saam met die wilde beeste en jong bulle doodgemaak word totdat die grond deurweek is van hulle bloed en vet,