Isaiah 34:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die swaard van die HERE is vol bloed, dit word vet gemaak van vet, en van die bloed van lammers en bokke, met die vet van die niere van ramme; want die HERE het 'n offer in Bosra en 'n groot slagting in die land van Idumea. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die swaard van die Here is deurdrenk van bloed. Dit is vol vet asof Hy lammers, bokramme en skaapramme geslag het om ’n offer te bring. Ja, die Here bring ’n groot offer in Bosra. Hy rig ’n groot slagting aan in Edom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die swaard van die HERE is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die HERE het 'n slagoffer in Bosra en 'n groot slagting in die land Edom. |
| Afrikaans 1983 | Die swaard van die Here is vol bloed en drup van die vet: die bloed van lammers en bokramme, die niervet van skaapramme. Die Here hou 'n offerfees in Bosra, Hy rig 'n groot slagting aan in Edom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het 'n swaard – vol bloed is dit, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokramme, van die niervet van ramme; want daar is 'n offerfees vir die Here in Bosra, 'n groot slagting in die land van Edom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here hou 'n swaard vas wat vol bloed en vet is, die bloed en die vet aan die niere van skaap-ramme en bok-ramme. Die Here sal baie mense doodmaak in die stad Bosra, in die land Edom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die swaard van die Here is vol bloed, dit drup van die vet asof dit gebruik is om die lammers en die bokramme vir die offer te slag. Want die Here gaan ’n offerfees in Bosra hou. Daar gaan ’n groot slagting in Edom wees. |