Isaiah 34:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want my swaard sal in die hemel gebad word; kyk, dit sal neerdaal op Idumea en op die volk van my vloek, tot oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer my hemelse swaard die nasies se bloed laat vloei, kyk dan mooi, dan sal dit afkom op Edom, die volk wat Ek heeltemal uitroei wanneer Ek hom straf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer my swaard so uit die hemel uit die bloed van die nasies laat vloei het, sal hy afkom op Edom, op die volk wat Ek heeltemal wil uitroei wanneer Ek hom straf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ja, my swaard het genoeg te drinke gehad in die hemelruim. Kyk, op Edom gaan dit neerkom, op die volk vir wie my banvloek gaan tref om die oordeel te voltrek. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die Here in die hemel sy swaard gereedmaak om bloed te laat vloei, dan sal sy swaard die Edomiete doodmaak. Hulle is die mense wat Hy wil straf, Hy wil hulle almal doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal die Here se swaard in die donker hemel verskyn en soos ’n verblindende weerligstraal op Edom neerkom, want die Here het besluit om hulle te vernietig. |