Isaiah 34:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele leër van die hemel sal vergaan, en die hemel sal saamgerol word soos 'n boekrol, en hulle hele leër sal neerval soos 'n blaar van die wingerdstok afval, en soos 'n vye wat van die vyeboom afval.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hemelliggame sal wegsmelt. Die hemel sal soos ’n boekrol toegerol word. Die sterre sal verdof en val soos verlepte blare van ’n wingerdstok, of ’n vyeboom wat verdroog.
Afrikaans 1933/1953 En al die leërskare van die hemel vergaan, en die hemel word inmekaar gerol soos 'n boek en al sy leërskare val af soos 'n blad van die wingerdstok afval en soos vye afval van die vyeboom.
Afrikaans 1983 Al die hemelliggame sal wegsmelt; die hemel sal soos 'n boekrol toegerol word en al die sterre sal hulle glans verloor soos die blare van 'n wingerdstok of van 'n vyeboom wat verdroog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die hemelliggame sal wegsmelt, en soos 'n boekrol sal die hemel opgerol word. Al die hemelliggame sal verskrompel soos die blare van 'n wingerdstok verskrompel, soos verskrompelde vrugte aan 'n vyeboom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die sterre in die lug sal smelt en die hemel sal toerol soos 'n boekrol. Die sterre sal val soos droë blare van 'n wingerdstok of 'n vyeboom val.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die hemelliggame sal verkrummel en tot niet gaan. Die hemel sal soos ’n boekrol opgerol word. Die sterre sal uit die hemel uit val soos blare wat van ’n wingerdstok afval.