Isaiah 34:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die grimmigheid van die HERE is oor al die nasies, en sy grimmigheid oor al hulle leërs; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle aan die slagting oorgegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die Here is kwaad vir die nasies. Sy woede is teen al hulle soldate gerig. Hy sal hulle heeltemal vernietig, Hy sal sorg dat hulle geslag word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die toorn van die HERE is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word. |
| Afrikaans 1983 | Die toorn van die Here is teen al die nasies gerig, sy woede teen al hulle leërmagte. Hy gaan hulle heeltemal uitroei, hulle prysgee om doodgemaak te word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die grimmigheid van die Here is teen al die nasies gerig, sy woede teen al hulle leërs. Hy sal hulle met die banvloek tref, hulle vir 'n slagting oorlewer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here is baie kwaad vir al die volke en vir al hulle soldate. Hy sal hulle almal laat doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is kwaad vir al die nasies en hulle weermagte. Hy het hulle tot vernietiging verdoem. |