Isaiah 34:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het die lot vir hulle gewerp, en sy hand het dit aan hulle verdeel volgens die lyn; hulle sal dit vir ewig in besit neem, van geslag tot geslag sal hulle daarin woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het self die land opgemeet en verdeel. Hy het dit bemaak aan hierdie diere. Hulle sal dit vir altyd besit, van geslag tot geslag. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het vir hulle die lot gewerp, en sy hand het die land aan hulle met die meetsnoer uitgedeel; tot in ewigheid sal hulle dit besit, van geslag tot geslag daarin woon. |
| Afrikaans 1983 | Hy het self die land deur loting onder hulle verdeel. Hulle besit dit vir altyd, hulle sal daar woon deur geslagte heen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is die Een wat vir hulle die lot gewerp het, en sy hand het die land met die meetsnoer aan hulle toegedeel. Vir altyd sal hulle dit in besit neem, en van geslag tot geslag sal hulle daarin woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het die land Edom vir die diere gegee, Hy het vir elkeen sy eie plek gegee. Die land sal altyd aan die diere behoort, hulle sal altyd daar woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here verdeel die land onder hulle sodat elkeen ’n deel het om op te bly. Daar sal hulle geslag na geslag bly omdat dit vir altyd aan hulle behoort. |