Isaiah 34:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soek die boek van die HERE en lees: niemand van hulle sal misluk nie, niemand sal haar maat ontbreek nie; want my mond het dit beveel, en sy gees het hulle versamel.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk gerus in die boek van die Here, en lees wat Hy gaan doen: Nie een van die voëls of diere sal ontbreek nie. En nie een sal wees sonder ’n maat nie. Want die Here het dit belowe. Sy Gees sal dit alles waar laat word.
Afrikaans 1933/1953 Soek in die boek van die HERE en lees! Nie een van hierdie wesens ontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond -- die het dit beveel, en sy Gees -- die het hulle bymekaargebring.
Afrikaans 1983 Kyk gerus in die boek van die Here en lees: nie een van dié diere sal daar ontbreek nie, nie een sal sonder 'n wyfie wees nie. Die Here het die bevel gegee en sy Gees laat hulle daar bymekaarkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaan dit na in die boekrol van die Here, en lees: Nie een van hulle ontbreek nie, nie een sal haar maat mis nie; want die mond van die Here het dit beveel, en sy Gees, Hy maak hulle bymekaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet kyk in die boek van die Here, julle sal sien dat al daardie diere in die land Edom sal wees, elkeen saam met sy wyfie. Die Here het gesê die diere moet kom, Hy het hulle bymekaargemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan lees gerus die boek van die Here, dan sal julle sien dat al hierdie diere daarin genoem word, elkeen met sy maat. Die Here het die opdrag gegee en sy Gees maak hulle bymekaar.