Isaiah 34:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar sal die groot uil haar nes maak en lê en uitbroei en bymekaarmaak onder sy skaduwee; daar sal ook die aasvoëls bymekaargemaak word, elkeen met haar maat.
Afrikaans (NLV) 2011 Die uil maak daar nes en lê haar eiers. Sy broei haar kleintjies uit en beskerm hulle daar. Ook die aasvoëls kom om daar te paar.
Afrikaans 1933/1953 Daar maak die pylslang sy nes en lê eiers en broei dit uit en koester haar kleintjies daar in die skaduwee; ook sal die kuikendiewe daar bymekaarkom, die een by die ander.
Afrikaans 1983 Uile sal daar nes maak en eiers lê, hulle sal op die eiers sit en dit uitbroei. Die aasvoëls sal daar vergader, elkeen met sy wyfie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar sal 'n uil nesmaak en eiers lê, daarop broei, en dit in haar skaduwee uitbroei. Ja, daar sal jakkalsvoëls saamkom, elkeen by haar maat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Uile sal daar in die skaduwee op hulle eiers broei, en valke sal daar bymekaarkom, elkeen saam met sy wyfie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gevaarlike slange sal daar nes maak en eiers lê en die eiers sal daar uitbroei. Ook die aasvoëls sal dit hulle bymekaarkomplek maak.