Isaiah 34:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wilde diere van die woestyn sal ook die wilde diere van die eiland ontmoet, en die sater sal na sy maat roep; ook sal die skreeuuil daar rus en vir haar 'n rusplek vind.
Afrikaans (NLV) 2011 Wildehonde en hiënas kry mekaar daar. Wildsbokke roep na mekaar. Die naggees sal daar bly om ’n rusplek te vind.
Afrikaans 1933/1953 En boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels ontmoet mekaar; ook woon die naggees daar in vrede en vind 'n rusplek vir hom.
Afrikaans 1983 Wildehonde en hiënas sal mekaar daar kry, veldgode sal na mekaar roep en die naggees sal daar bly en 'n woonplek vind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Woestyndiere sal hiënas daar raakloop, •veldgode sal na mekaar roep. Ja, Lilit sal daar draal en vir haar 'n rusplek vind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Woestyn-diere sal daar bymekaarkom, veldgode sal mekaar roep, en die nag-gees sal daar woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die wilde diere van die woestyn en die hiënas sal saam daar aas en hulle getjank sal soos die geluid van duiwelse geeste klink. Die vroulike naggees Lilith sal haar blyplek daar maak.