Isaiah 34:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dorings sal opkom in sy paleise, brandnetels en dorings in sy vestings, en dit sal 'n woonplek van jakkalse wees en 'n voorhof vir uile. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dorings sal die paleise oorgroei, brandnetels en dissels sy forte. Die ruïnes sal ’n blyplek word vir jakkalse en volstruise. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal 'n lêplek van jakkalse, 'n verblyf vir die volstruise wees. |
| Afrikaans 1983 | Dorings sal in sy paleise opkom, brandnetels en dissels in sy vestings, hy sal 'n lêplek vir jakkalse, 'n tuiste vir volstruise wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In haar vestings sal dorings opkom – brandnetels en sydissels in haar versterkte stad. Dit sal 'n lêplek vir jakkalse wees, 'n blyplek vir steenuile. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was voorheen mooi huise wat sterk mure gehad het, maar nou sal daar dorings en bossies groei. Daar sal jakkalse en volstruise woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal dorings in die paleise van Edom opkom en welig daar groei. Hulle forte en ander versterkte plekke sal toegegroei wees van allerhande onkruid. Die bouvalle van hierdie plekke sal die lêplek van die jakkalse en die volstruise word. |