Isaiah 34:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal sy edeles na die koninkryk roep, maar niemand sal daar wees nie, en al haar vorste sal niks wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die land sal genoem word die Land van Niks, en sy leiers sal verdwyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy edeles -- daar sal hulle geen koninkryk meer uitroep nie, en met al sy vorste is dit gedaan. |
| Afrikaans 1983 | Vir dié wat in Edom gesag uitgeoefen het, sal daar nie meer 'n koninkryk wees nie, al sy leiers sal daarmee heen wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Haar hoëlui – daar sal niks wees wat hulle 'n koninkryk kan noem nie; al haar •hoë amptenare sal niks wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal nie meer leiers wees wat die land Edom regeer nie, en daar sal nie meer amptenare wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal nie meer ’n koninkryk wees waaroor ’n koning kan regeer nie en daar sal ook nie een van die leiers oorbly wat sou kon leiding gee nie. |