Isaiah 34:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die kormoran en die bitter sal dit in besit neem; ook sal die uil en die kraai daarin woon, en hy sal die slyn van wanorde en die klippe van leegheid daarop uitspan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die land sal die blyplek wees van woestynuile en kraaie. Want God bring verwarring oor Edom en verwoes die land.
Afrikaans 1933/1953 Maar die pelikaan en die krimpvarkie neem dit in besit, en die uil en die kraai woon daarin. En Hy sal die riglyn van woestheid daaroor span en die skietlood van vormloosheid.
Afrikaans 1983 Uile en kraaie sal hom in besit neem en hulle daar tuismaak. Die Here sal sy maatlyn span en sy skietlood aanlê en bepaal dat die land onbewoonbaar en leeg moet word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bontkraaie en kortooruile sal haar in besit neem; grasuile en swartkraaie sal in haar woon. Hy lê die maatlyn van verlatenheid oor haar aan, die weegstene van leegheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal nie mense in die land woon nie, die land sal leeg wees. Daar sal net pelikane en uile woon, nag-uile en kraaie sal hulle nes daar maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die enigste inwoners van die land sal uile en kraaie wees. Die Here gaan Edom uitmeet met ’n maatband wat verwoesting saai en ’n waterpas wat vernietiging uitwys.