Isaiah 34:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit sal nag en dag nie uitgeblus word nie; sy rook sal vir ewig opgaan; van geslag tot geslag lê dit woes; niemand sal daardeur gaan vir ewig en altyd nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie oordeel oor Edom sal nooit eindig nie. Die land sal verlate lê van geslag tot geslag. Niemand sal meer daar deurtrek nie.
Afrikaans 1933/1953 Dit sal snags of oordag nie uitgeblus word nie; vir ewig gaan sy rook op; van geslag tot geslag lê dit woes, vir altyd en ewig trek niemand daardeur nie.
Afrikaans 1983 Dit sal bly brand, dag en nag; die rook sal aanhou opstyg. Geslagte lank sal die land in puin lê; tot in die verre toekoms sal niemand ooit weer daar rondtrek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nag en dag sal dit nie geblus word nie, vir altyd styg haar rook omhoog. Van geslag tot geslag sal sy in puin lê, vir ewig en altyd sal niemand deur haar trek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vuur sal aanhou brand, elke dag en nag, dit sal aanhou rook. Die land sal net hope klippe wees, en niemand sal weer deur die land loop nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) wat dag en nag sal bly brand sodat die rook gedurig daaruit optrek. Die land sal geslagte lank in puin lê tot in die verre toekoms en niemand sal weer daardeur trek nie.