Isaiah 33:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die aarde treur en kwyn, die Líbanon staan in die skande en word uitgekap; Saron is soos 'n woestyn; en Basan en Karmel skud hulle vrugte af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele land huil en vergaan. Die Libanonberge verwelk. Die Saronvlakte is soos ’n woestyn. Die bome in Basan en Karmel staan kaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die land treur, dit verwelk; die L¡banon staan beskaamd, dit verkwyn; Saron het geword soos 'n woestynvlakte, Basan en Karmel staan sonder blare. |
| Afrikaans 1983 | Die land treur, hy is verdor; die Libanon het verwelk, hy is vol insekte; die Saron lyk soos 'n woestynvlakte; op Basan en Karmel staan die bome kaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit het droog geword, die land was uitgedor; die Libanon was verbluf, het swart geword. Saron het soos die Araba geword; Basan en Karmel het hulle blare verloor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die land treur, alles word droog, die Libanon-berg lyk soos 'n mens wat bleek is, die plante op die berg word droog. Die Saron-vlakte is soos die woestyn. Die bome in die land Basan en op die Karmel-berg se blare val af. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die land verdroog en gaan agteruit. Op die Libanon is die bome in die woud besig om dood te gaan. Die vrugbare vlakte van Saron lyk soos ’n woestyn. In Basan en op die berg Karmel val die bome se blare af soos hulle doodgaan. |