Isaiah 33:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die grootpaaie lê puin, die wandelende man hou op; hy het die verbond verbreek, die stede verag, hy sien niemand aan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou weë is verlate. Niemand reis op die paaie nie. Assirië het hulle ooreenkoms met jou verbreek en gee niks om vir die beloftes wat hulle voor getuies gemaak het nie. Hulle het respek vir niemand nie.
Afrikaans 1933/1953 Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie.
Afrikaans 1983 Die paaie lê verlate, niemand kom met die pad verby nie. Die verdrag is verbreek, stede is met minagting behandel, geen mens is ontsien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gebaande weë was verlate, niemand het meer op die pad verbygegaan nie. Hy het verdrae verbreek, hy het stede geminag, hy het mense nie geag nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand loop op die paaie nie, niemand kom verby nie. Die vyand het sy ooreenkoms met ons gebreek. Hulle het ons stede maklik oorwin, ons mense kon hulle nie keer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die paaie sal verlate lê omdat dit te gevaarlik sal wees om te gebruik. Die verwoester steur hom nie aan ooreenkomste of kontrakte wat hy voor getuies aangegaan het nie, hy doen net wat hy wil, want hy het geen respek vir enigiemand nie.