Isaiah 33:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, hulle dapperes roep daarbuite; die gesante van vrede sal bitterlik ween. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou ambassadeurs huil van teleurstelling, want Assirië het jou versoek vir vrede summier verwerp. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, die helde skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik. |
| Afrikaans 1983 | Die inwoners van Jerusalem roep om hulp daarbuite, dié wat die boodskap bring dat daar vrede is, huil onbedaarlik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, die mense van Jerusalem roep om hulp op straat, die boodskappers van vrede huil bitterlik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister hoe roep die mense van Jerusalem. Hulle vra dat die Here hulle moet kom help. Luister hoe huil die boodskappers wat moet sê daar is vrede. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate is verslae omdat hulle Jerusalem nie kon verdedig teen die vyand se oormag nie. Die ambassadeurs wat gestuur is om ’n vredesooreenkoms te probeer bewerk huil van teleurstelling omdat hulle dit nie kon regkry nie. |