Isaiah 33:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wysheid en kennis sal 'n standvastigheid van jou tye wees en 'n sterkte van verlossing: die vrees van die HERE is sy skat.
Afrikaans (NLV) 2011 Lewenslank is Hy jou vaste fondament, ’n ryke voorraad van redding, wysheid en kennis. As jy die Here dien, sal jy al hierdie skatte kry.
Afrikaans 1933/1953 En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees.
Afrikaans 1983 Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou. Die kosbare besitting wat werklik kan help, is wysheid en kennis; die rykdom waarop Sion hom kan verlaat, is die diens van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal bestendigheid aan jou tye bied, 'n rykdom van bystand, wysheid en kennis, ontsag vir die Here – dit is sy skatte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal altyd die Here vertrou. Hy sal hulle red en Hy sal vir hulle wysheid en kennis gee. Hulle sal die Here dien, dit sal hulle ryk maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd sal Hy die fondament wees waarop julle met vertroue kan bou. Hy sal julle oorlaai met ’n skat van wysheid en kennis wat tot julle verlossing sal lei. Maar die sleutel tot hierdie skat is die ontsag wat julle vir die Here het.