Isaiah 33:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jou buit sal ingesamel word soos die insameling van die ruspes; soos die heen en weer gehardloop van sprinkane sal hy op hulle hardloop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat julle vir julleself versamel het, sal verorber word soos sprinkane daarop toesak. Soos ’n swerm sprinkane sal Israel daarop toesak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan word julle buit weggeskraap soos sprinkane wegskraap; soos sprinkane hardloop, hardloop hulle daarop los. |
| Afrikaans 1983 | Wat julle vir julleself gebuit het, sal weggeraap word asof sprinkane daarop toegesak het; mense sal soos 'n swerm sprinkane daarop afstorm. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat julle gebuit het, nasies, word bymekaargemaak, soos kaalvretersprinkane bymekaarmaak. Soos swerms toesak, word op julle buit toegesak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ander volke sal die goed wegvat wat daardie volk gevat het. Die ander volke sal soos sprinkane kom en hulle sal alles wegvat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense sal op die buit wat hulle agterlaat, toesak en dit plunder soos ’n swerm sprinkane op ’n groen land. |