Isaiah 33:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die inwoner sal nie sê: Ek is siek nie; die volk wat daarin woon, sal hulle ongeregtigheid vergewe word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Israel sal nooit weer sê: “Ek is hulpeloos en siek” nie, want die sonde van mense is vergewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe. |
| Afrikaans 1983 | Niemand in die stad sal meer sê: “Ek is siek” nie; die sonde van die volk wat in Sion woon, is vergewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Geen inwoner sal sê, “Ek is siek” nie. Die volk wat in Jerusalem woon, se sondeskuld is vergewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand in Jerusalem sal sê hy is siek nie. Die Here het die sonde vergewe van die mense in die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nie een van die stad se inwoners sal siek wees nie. En die Here sal almal wat in Jerusalem bly, se sonde vergewe. |