Isaiah 33:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou take is losgemaak; hulle kon hul mas nie goed versterk nie, hulle kon die seil nie uitsprei nie; dan word die prooi van 'n groot buit verdeel; die kreupeles neem die prooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vyand se skeepstoue hang slap. Die maste staan nie regop nie. Die seile is nie gespan nie. God se volk verdeel die oorvloedige buit. Selfs mense wat verlam is, kry genoeg.
Afrikaans 1933/1953 Jou toue hang slap, hulle hou die voetstuk van hulle mas nie styf nie, hulle ontplooi nie die banier nie; dan word roofbuit verdeel in menigte, selfs die lammes maak buit.
Afrikaans 1983 Die toue van die vyand se skepe hang slap, hulle hou nie die maste regop nie, en die seile kan nie gespan word nie. Daar word buit in oorvloed verdeel, selfs lammes vat wat hulle wil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al hang jou takelwerk nou slap, al hou dit nie die mas se voetstuk stewig nie, al span dit nie die banier oop nie, dan sal daar buit in oorvloed verdeel word; selfs lammes sal wat te roof is, plunder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die toue van die vyande se skepe hang pap, die toue hou nie die maspaal van die skip regop nie, die maspaal waaraan die seile is, en die toue hou nie die seile styf nie. Daar is baie goed wat julle kan vat, ook die lam mense sal alles vat wat hulle wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vyand se skepe sal nutteloos wees, die toue wat die maste stewig en regop moet hou, sal los hang en die seile sal nie gespan kan word nie.