Isaiah 33:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk na Sion, die stad van ons feesvieringe: jou oë sal Jerusalem sien as 'n rustige woning, 'n tabernakel wat nie afgebreek sal word nie; nie een van sy stokke sal ooit verwyder word nie, en geen van sy toue sal gebreek word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jerusalem sal die plek van aanbidding en feeste wees. Jerusalem sal ’n veilige plek wees waar jou tent nie verskuif sal word en sy tentpenne nie uitgetrek sal word of enige van sy toue sal breek nie.
Afrikaans 1933/1953 Aanskou Sion, die stad van ons feestelike samekoms! Jou oë sal Jerusalem sien as veilige woonplek, as tent wat nie wegtrek nie, waarvan die penne nooit meer uitgeruk word nie en geeneen van sy toue ooit losgeskeur word nie.
Afrikaans 1983 Kyk na Sion, die stad waar ons ons feeste vier: jou eie oë sal Jerusalem sien, 'n veilige woonplek waar jou tent nie versit hoef te word nie, sy tentpenne nooit uitgetrek hoef te word nie, sy toue nooit meer breek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk na Sion, die stad van ons feestelike byeenkomste! Jou oë sal Jerusalem sien – 'n ongestoorde tuiste, 'n tent wat nie afgeslaan sal word, waarvan die tentpenne nooit uitgetrek, en die tentlyne nooit losgeruk sal word nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk na Sion, na Jerusalem, die stad waar ons bymekaarkom om fees te vier. Julle sal sien dit is 'n plek waar julle veilig kan woon. Dit is soos 'n tent wat niemand afslaan nie, niemand trek die tent se penne uit nie, en die toue breek nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar kyk na Jerusalem, die stad waarin die feeste vir die Here gehou word. Jerusalem, ’n veilige, permanente blyplek. Dit is soos ’n tent wat nooit geskuif word nie, waarvan die tentpenne stewig en vas in die grond ingekap is en die toue wat dit regop hou, nooit breek nie.