Isaiah 33:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE, wees ons genadig; ons het op U gewag; wees U elke môre hulle arm, ons heil ook in die tyd van benoudheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, wees ons genadig! Ons wag op U! Wees elke dag ons krag, ons redding in tye van nood. |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, wees ons genadig, op U wag ons; wees hulle arm elke môre, ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid! |
| Afrikaans 1983 | Wees ons genadig, Here, ons vestig ons hoop op U. Wees elke nuwe dag ons krag, ons redding in tyd van nood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, wees ons genadig! Op U wag ons. Wees elke oggend ons krag, ja, ons verlossing in 'n tyd van nood. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, wees asseblief genadig vir ons, ons wag dat U ons moet help. Maak ons elke oggend sterk, red ons, want ons kry swaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, help ons, want ons het ons hoop op U gevestig! Beskerm ons elke dag en red ons as ons in die moeilikheid beland. |