Isaiah 33:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou hart sal verskrikking oordink. Waar is die skriba? waar is die ontvanger? waar is hy wat die torings getel het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sal dan terugdink aan die tyd van angs: “Waar is die een wat ons getel het? Waar is die een wat buit moes weeg? Waar is die een wat ons torings moes opskryf?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Jou hart sal die deurgestane verskrikking oordink en sê: Waar is hy wat getel het? Waar is hy wat geweeg het? Waar is hy wat die torings opgeskryf het? |
| Afrikaans 1983 | Jy sal terugdink aan die vrees wat jy gehad het: “Waar is die een wat ons goed moes opskryf, waar is die een wat dit moes afweeg, waar is die een wat moes opskryf watter torings afgebreek moes word?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou hart sal die verskrikking oordink: Waar is hy wat neerskryf, waar hy wat weeg? Waar is hy wat die getal van die torings neerskryf? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal julle onthou hoe julle geskrik het toe die vyande julle goed getel en geweeg het om dit saam te vat, en die torings getel het om dit af te breek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gedagte aan die tye van vreemde belastinggaarders en spioene wat die stad se militêre mag kom verken het, sal net ’n vae herinnering wees. |