Isaiah 33:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal in die hoogte woon; sy plek van verdediging sal die wapenrusting van rotse wees; brood sal aan hom gegee word; sy waters sal seker wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Sulke mense sal veilig wees. Die rotsvesting beskerm hulle. Hulle sal altyd kos en water in oorvloed hê.
Afrikaans 1933/1953 hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.
Afrikaans 1983 So 'n mens sal sy woonplek in die hoë berge hê, sy skuilplek sal 'n rotsvesting wees. Kos sal hy kry en sy drinkwater sal nie opraak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dit is hy wat op die hoogtes sal woon. Bergvestings in kranse is sy toevlugsoord; sy kos word vir hom voorsien, sy watervoorraad is standhoudend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie mense sal hoog in die berge woon en hulle sal veilig wees agter die rotse. Hulle sal kos kry, en hulle sal altyd water hê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ’n mens so lewe, sal jy so veilig wees soos iemand wat in ’n sterk fort bly wat van klip gebou is en hoog op ’n berg staan met ’n oorvloed kos en water.