Isaiah 33:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat regverdig wandel en opreg spreek; hy wat die wins van verdrukkinge verag, wat sy hande skud van die aanhouding van omkoopgeskenke, wat sy ore toehou om bloed te hoor en sy oë toehou om onheil te sien; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net mense wat reg lewe en sê wat reg is, wat weier om deur bedrieëry wins te maak, wat wegbly van omkopery, wat nie luister na moordplanne nie en hulle oë toemaak vir die beplanning van misdade. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie -- |
| Afrikaans 1983 | Net dié mens wat reg bly doen en opreg is in wat hy sê, wat weier om wins te maak deur mense uit te buit, wat omkoopgeld weier, nie na moordplanne luister nie en nie geleentheid soek om misdade te pleeg nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy wat eerlik leef en spreek wat reg is, wat wins uit afpersing afwys, wat sy handpalms daarvan weerhou om omkoopgeld te aanvaar, wat niks van bloedvergieting wil hoor nie, niks wat boos is, wil aanskou nie – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die mense wat reg lewe en wat die waarheid praat, die mense wat nie ander mense se goed vat om hulleself ryk te maak nie, die mense wat nie presente vat om verkeerd te doen aan ander mense nie, die mense wat nie luister na planne om mense te vermoor nie, die mense wat nie verkeerd wil doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Slegs iemand wat ’n eerlike lewe lei en die waarheid praat, wat nie ander afpers om geld te maak nie en niks met omkopery te doen het nie, het die reg om naby die Here te kom. Moenie eers na iemand luister wat ’n moord of misdaad beplan nie. |