Isaiah 33:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die sondaars in Sion is bang; vrees het die geveinsdes verras. Wie van ons sal by die verterende vuur woon? wie van ons sal by ewige brande woon?
Afrikaans (NLV) 2011 Die sondaars in Sion bewe van vrees. Die goddeloses is vol angs: “Wie van ons kan dit uithou in ’n verterende vuur? Wie van ons kan uithou in ’n vuur wat aanhou brand?”
Afrikaans 1933/1953 Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by 'n verterende vuur, wie van ons kan woon by 'n ewige gloed?
Afrikaans 1983 Die sondaars staan verskrik in Sion, die godloses is angsbevange: wie van ons kan dit by 'n verterende vuur uithou, wie van ons kan dit uithou by 'n vuur wat brand sonder ophou?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In Sion sidder sondaars van angs; bewing pak hulle beet, hulle wat vervreemd is van God: “Wie van ons kan by 'n verterende vuur vertoef? Wie van ons kan by 'n ewig brandende vuurherd vertoef?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sondaars in Sion skrik, die slegte mense begin bewe. Hulle sê: “Watter mense kan woon by 'n vuur wat alles verbrand? Wie kan woon by 'n vuur wat altyd aanhou brand?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ook die sondaars en slegte mense in Jerusalem bewe van vrees. Hulle sê: “Die Here se oordeel is soos ’n verwoestende vuur wat vir ewig bly brand. Hoe kan ons hoop om in sy teenwoordigheid te oorleef?”