Isaiah 33:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kaf sal julle swanger word, stoppels sal julle baar; julle asem sal julle verteer soos vuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat julle voortbring, is kaf en julle gee geboorte aan strooi. Julle asem is soos vuur wat julleself verteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle gaan swanger van strooi, julle sal stoppels baar; julle geblaas is 'n vuur wat julle sal verteer. |
| Afrikaans 1983 | Al wat julle voortbring, is strooi, al wat julle oplewer, is kaf, en julle asem is die vuur waardeur julle verteer sal word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle raak swanger van droë gras, gee geboorte aan kaf; julle asem is 'n vuur wat julle sal verteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Alles wat julle doen, is soos droë gras en kaf. Julle het self 'n vuur aangesteek, maar julle sal brand in daardie vuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die planne wat julle gemaak het, is nutteloos, julle sal niks regkry nie. Die verskriklike goed waarmee julle ander nasies gedreig het, sal omgekeer word en soos ’n verwoestende vuur op julle neerkom. |