Isaiah 33:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee jou wat plunder, en jy is nie geplunder nie; en hulle het troueloos gehandel, en hulle het nie troueloos teen jou gehandel nie! as jy ophou om te buit, sal jy geplunder word; en as jy 'n einde maak om troueloos te handel, sal hulle troueloos teen jou handel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die verwoesting is vir jou, verwoester wat self nie verwoes is nie. Ellende wag vir jou, verraaier wat self nie verraai is nie! Wanneer jy opgehou het om te verwoes, sal jy self verwoes word. Wanneer jy ophou om te verraai, sal jy self verraai word.
Afrikaans 1933/1953 Wee jou, verwoester, wat self nie verwoes is nie, en troubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie! As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel.
Afrikaans 1983 Ellende wag vir jou, jy wat verwoes het en self nie verwoes is nie, jy wat ontrou was hoewel niemand aan jou ontrou was nie. Wanneer jy klaar verwoes het, sal jy verwoes word. Wanneer daar 'n end kom aan jou ontrou, sal ander ontrou wees aan jou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee jou, verwoester, jy wat nie verwoes is nie, trouelose, aan wie niemand ontrou was nie! Wanneer jy jou verwoestingswerk voltooi het, sal jy verwoes word; wanneer jy ophou om troueloos te wees, sal daar troueloos teen jou opgetree word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is 'n volk wat ander volke se lande verwoes het, maar niemand het daardie volk se land verwoes nie. Daar is 'n volk wat ander volke verraai het, maar niemand het daardie volk verraai nie. Dit sal sleg gaan met daardie volk. Wanneer hulle klaar verwoes het en klaar verraai het, dan sal ander volke daardie volk verraai en hulle sal daardie volk se land verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou ondergang wag op jou, verwoester, want al het niemand jou verwoes nie, het jy nie omgegee om ander nasies uit te roei nie. Jy verwag dat ander jou moet respekteer en hulle beloftes moet nakom, maar jý leef van leuens en ontrou. Wel, nou is dit jou beurt om verraai en vernietig te word, net soos jy met die ander nasies gedoen het.