Isaiah 32:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook die werktuie van die karring is sleg: hy bedink slegte planne om die armes met leuentaal te vernietig, ook as die behoeftige reg praat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die skelmstreke van skurke sal onthul word. So ook al die liegstories wat hulle vertel het om arm mense in die howe te verdruk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die skelm -- sy middele is sleg, hy beraam skandelike dade om die ellendiges te ru‹neer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is. |
| Afrikaans 1983 | 'n Skurk se motiewe is kwaadwillig, hy smee boosaardige planne om met leuens die ondergang van eenvoudige, arm mense te bewerk, ook al beroep hulle hulle op die reg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En 'n skurk – sy werktuie is sleg; hy is die een wat skanddade beplan om magteloses deur bedrieglike woorde uit te roei, ook wanneer 'n behoeftige 'n eis voorlê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Skurke is altyd besig om slegte dinge te doen. Hulle maak skelm planne en hulle lieg om probleme te gee vir mense wat hulleself nie kan help nie, vir arm mense wat niks verkeerd gedoen het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die skelmstreke van die skurk sal aan die lig kom. Hy is altyd met iets onderduims aan die gang en maak planne om deur leuens en bedrog die arm mense aan die kortste ent te laat trek. |