Isaiah 32:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die gemene mens sal kwaad spreek, en sy hart sal ongeregtigheid doen, om huigelary te beoefen en dwaling teen die HERE uit te spreek, om die siel van die hongeriges leeg te maak, en hy sal die drank van die dorstiges laat ophou.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal sal dwase raaksien vir wat hulle is. Hulle versprei liegstories oor die Here. Hulle steel honger mense se kos. Hulle gee nie water vir mense wat dors is nie.
Afrikaans 1933/1953 Want 'n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.
Afrikaans 1983 'n Dwaas laster teen God, sy gedagtes is net met sonde besig; wat hy doen, wys dat hy ver van die Here af leef, wat hy vir die Here sê, is vals. So iemand laat 'n honger mens honger bly en weier om 'n dors mens water te gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want 'n sot raak sothede kwyt, en sy hart hou hom besig met onreg: deur goddeloosheid te bedryf, deur onwaarhede oor die Here kwyt te raak, deur die kele van hongeriges leeg te laat en deur iets te drinke te weerhou van wie dors is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want dwase mense praat nonsens en hulle dink net aan sonde. Hulle doen slegte dinge en hulle praat leuens oor die Here. Hulle gee nie kos vir honger mense nie, hulle gee nie water vir mense wat dors is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal sal die goddelose dwase herken vir wat hulle is en aan die gek goed wat hulle doen. Hulle beledig die Here en gee nie om dat mense honger ly en dors is nie.